zondag 24 juli 2011

Schuld


DAGDROOM




Ek het jou brief gelees terwyl ek eet,
die woordesoet het oor my tong gesprei.
Verby die aardse brood het ek gestaar
dwarsdeur die bome in die raam, dwarsdeur die grys
wolkeplafon tot in die paradys
waar alles lig en helder is. En net
soos in die Bybel was ons naak en het
ek, aangekla, gou hom die skuld gegee
wat skemerig sis... toe ek opeens gewaar
dat ek my halfgerookte sigaret
aftik in my twee-derde koppie tee.



© Elisabeth Eybers


Uit: Elisabeth Eybers Gedigte 1958-1973 Amsterdam, Em. Querido, 1978

Geen opmerkingen: